Leadership style and its relation to employee attitudes and behaviour
Abstract
Opsomming
Die doel van die ondersoek was om te bepaal wat die verbande tussen leierskapstyl en organisasieverbondenheid, werkstevredenheid, werkbetrokkenheid en organisatoriese burgerskapsgedrag is en of hierdie verbande sterker is vir transformasionele as vir transaksionele leiers. ’n Steekproef van 52 leiers en 276 beoordelaars van ’n wêreldklas ingenieursfirma het deelgeneem. Die resultate van ’n kanoniese korrelasie-ontleding van die beoordelaardata het getoon dat die prominentste verband dié tussen transaksionele leierskap en affektiewe verbondenheid is. Verder het transformasionele en transaksionele leierskap nie beduidend met die konstrukte werkbetrokkenheid en werkstevredenheid gekorreleer nie.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

