The construct equivalence of the PIB/SpEEx motivation index for job applicants from diverse cultural backgrounds
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om die konstrukgelykwaardigheid van die PIB/SpEEx Motiveringsindeks vir kultureel diverse groepe toetree-applikante in die openbare veiligheidsektor te bepaal. Die algemeenste kritiek teen die gebruik van psigometriese meetinstrumente in Suid-Afrika is dat dit gebaseer is op Blanke waardes en kennis en dat dit gevolglik konstruksydig en minder geldig is vir ander kultuurgroepe. In hierdie studie is Swart, Asiër en Blanke groepe gebruik in die bepaling van die interkulturele gelykwaardigheid van die interne en die eksterne lokus van beheer konstrukte onderliggend aan die PIB/SpEEx Motiveringsindeks. Die resultate toon dat die PIB/SpEEx Motiveringsindeks nie sydig meet nie en dat die konstrukte dus gelykwaardig is vir die verskillende kultuurgroepe.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

