The construction and evaluation of a scale of consumer shopping experience
Abstract
Opsomming
Benaderings tot verbruikersielkunde fokus in die algemeen hoofsaaklik op die probleemoplossings- en besluitnemingsprosesse onderliggend aan aankoopgedrag. Gevolglik het die ervarings wat verbruikers tydens die aankoopproses beleef, nie veel aandag geniet nie. Die doel van die onderhawige studie was om ’n skaal van verbruikeraankoopbelewenisse te konstrueer en te evalueer. Die instrument het aangedui dat die aankoopbelewenis nie ’n middel tot ’n doel is nie, maar ‘n doel insigself is. Die Shopping Experience Survey, bestaande uit 54 items, is ontwikkel en geadministreer aan 426 respondente van ’n groot residensiële tersiêre instelling. Met die studie is bevind dat die Shopping Experience Survey hoogs betroubaar is (rxx=0,965) en sensitief is vir groepverskille.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

