The effect of telfast® 180 on driver behaviour, decision-making and reaction time
Abstract
Opsomming
Die hoofdoelstelling van die studie was om die effek van Telfast® 180, ’n antihistamien, op bestuursgedrag, besluitneming en reaksietyd, te ondersoek. ’n Steekproef van 255 vrywilligers het aan die studie deelgeneem. Die steekproef is lukraak in twee groepe verdeel, te wete ‘n plasebogroep en ’n Telfastgroep. Om mee te begin is al die deelnemers aan ’n gestandaardiseerde bestuurstoets, asook ’n psigomotoriese toets, onderwerp. Onmiddellik daarna het die plasebogroep hul plasebotablette en die Telfastgroep hul Telfasttablette ontvang. Presies 2,6 uur later is al die deelnemers weer getoets met dieselfde toetse as voorheen. Geen statisties beduidende verskille is tussen die plasebogroep en die Telfastgroep gevind nie. Daar was dus geen sedatiewe effek as gevolg van Telfast® 180 nie.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

