The internal career orientation of permanent and contracting information technology staff
Abstract
Opsomming
Die primêre doel van die ondersoek was om die verwantskap tussen tipes indiensneming (permanent en kontraktering) te ondersoek vir twee veranderlikes: vloei en beroepsuksesoriëntasie in ’n inligtingstegnologieomgewing. Die ondersoek is uitgevoer in ’n onderafdeling van ’n groot telekommunikasiemaatskappy wat fokus op programmatuurontwikkeling en -implementering. Twee vraelyste wat vloei en beroepsuksesoriëntasie meet, is toegepas op 150 permanente werknemers en 150 kontrakteurs. Faktorontledings het aangedui dat die beroepsuksesoriënteringsvraelys twee dimensies gemeet het, naamlik ‘werkfokus’ en ‘selffokus’. Die vloei-vraelys het ‘werksgenot’ en ‘bewustsheidbeheer’ gemeet. Kontrakteurs en permanente werknemers is met mekaar vergelyk in terme van die vier dimensies en die uitslae van die bewustheids beheerskaal het aangedui dat kontrakteurs hul werk meer optimaal ervaar in teenstelling met permanente werkers.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

