The postmodern consumer: Implications of changing customer expectations for organisation development in service organisations
Abstract
Opsomming
Die postmodernistiese samelewing word hoofsaaklik as ‘n verbruikersgeoriënteerde samelewing gesien, wat in reaksie op die meer tradisionele modernistiese samelewing ontwikkel het. Die waargenome gaping tussen modernistiese en postmodernistiese samelewings suggereer verskillende verbruikspatrone en verbruikersprofiele wat beduidende implikasies vir diensorganisasies kan inhou. Die bespreking het die modernistiese en postmodernistiese eras en samelewings gekontrasteer en die hoof eienskappe en diensverwagtinge van die postmodernistiese verbruiker geïsoleer. Implikasies vir organisasie-ontwikkeling in diensorganisasies, veral in terme van die veranderinge wat benodig word, word aangedui.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

