Burnout and job stress in a local government: The moderating effect of sense of coherence
Abstract
Opsomming
Die doelstelling van hierdie navorsing was om die verwantskap tussen psigiese uitbranding en werkstres te bepaal en om te bepaal of koherensiesin die effek van werkstres op uitbranding by werknemers binne ’n plaaslike owerheid modereer. ’n Eenmalige dwarssnee opname-ontwerp is gebruik. Die steekproef het bestaan uit 270 werknemers van ’n plaaslike owerheid. Die Maslach Uitbrandingsvraelys, die Werkstres-Indikator en die Lewensoriëntasievraelys is afgeneem. Kanoniese analise het getoon dat ’n swak koherensiesin, asook stres a.g.v. hoë werkseise en ’n gebrek aan organisasie- ondersteuning geassosieer was met al drie komponente van uitbranding. Strukturele vergelykingsmodellering het aangetoon dat koherensiesin die effek van werkstres op uitbranding modereer. Sinisme het die effek van uitputting op professionele doeltreffendheid gemedieer.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

