Coping, stress and burnout in the South African police service in Kwazulu-natal
Abstract
Opsomming
Die doelstelling van hierdie navorsing was om die verband tussen coping, stres en uitbranding binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens te ondersoek. ’n Opname-ontwerp is gebruik. Die studiepopulasie (N = 257) het bestaan uit polisiepersoneel in Kwazulu-Natal. Die COPE, die Polisiestres-Opname en die Maslach-uitbrandingsvraelys – Algemene Opname (MBI-GS) is as meetinstrumente gebruik. Strukturele vergelykingsmodellering het aangetoon dat werkseise (as stressore) geassosieer word met uitputting. Passiewe coping- strategieë het bygedra tot uitputting en sinisme, terwyl die soeke na emosionele ondersteuning tot laer uitputting gelei het. Uitputting het tot sinisme bygedra. Stres a.g.v. ’n tekort aan hulpbronne (invers), aktiewe coping-strategieë en passiewe coping-strategieë (invers) blyk ’n uitwerking op professionele doeltreffendheid te hê.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

