Koherensiesin, selfdoeltreffendheid, lokus van beheer en uitbranding by maatskaplike werkers
Abstract
Opsomming
Die doelstelling van hierdie artikel is om te rapporteer oor verbande tussen maatskaplike werkers se koherensiesin, selfdoeltreffendheid en lokus van beheer enersyds en uitbranding andersyds, en die mate waarin hierdie veranderlikes hul uitbranding kan voorspel. ’n Opnameontwerp is gebruik. Die ondersoekgroep het bestaan uit 107 maatskaplike werkers. Vier vraelyste is gebruik, naamlik die Lewensoriëntasievraelys, die Algemene Selfdoeltreffendheidsvraelys, die Werk-Lokus-van-Beheer-vraelys en die Maslach-Uitbrandingsvraelys. Die resultate van die empiriese ondersoek dui daarop dat daar prakties betekenisvolle verbande bestaan tussen maatskaplike werkers se koherensiesin, selfdoeltreffendheid en lokus van beheer enersyds en hul vlak van uitbranding andersyds.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

