Occupational stress of emergency workers in Gauteng
Abstract
Opsomming
Die doelstellings van hierdie navorsing was om die konstrukgeldigheid, interne konsekwentheid, konstrukekwivalensie en itemsydigheid van die Nooddienswerker Stresvraelys (NWSV) te bepaal en beroepstressore vir nooddienswerkers te identifiseer. ’n Dwarssnee opname-ontwerp is gebruik. Die studiepopulasie is met behulp van ’n beskikbaarheidsteekproef (N = 405) van nooddienswerkers in Gauteng verkry. Die NWSV is ontwikkel vir die studie en saam met ’n biografiese vraelys afgeneem. Drie interne konsekwente stresfaktore, naamlik Tekort aan Hulpbronne, Poseise en Inherente Nooddiens Stressore is onttrek. Lae konstrukekwivalensie is ten opsigte van waargenome stressore vir die Nguni taalgroep gevind. Geen prakties betekenisvolle verskille is tussen die beroepstressore van nooddienswerkers in verskillende posisies en taalgroepe gevind nie.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

