Past performance and future perspectives of burnout research
Abstract
Opsomming
Na ’n kort inleiding oor die geskiedenis van uitbranding gee hierdie artikel ’n oorsig van vorige prestasie van navorsing ten opsigte van uitbranding deur tien sleutelvrae te beantwoord: (1) Hoe kan uitbranding bepaal word?; (2) Is uitbranding beperk tot die mens-dienste?; (3) Is uitbranding ’n geestesafwyking?; (4) Wat is die voorkoms van uitbranding?; (5) Is uitbranding ’n wêreldwye verskynsel?; (6) Is uitbranding relevant vir organisasies?; (7) Wat is die oorsake van uitbranding?; (8) Wat is die gevolge van uitbranding?; (9) Hoe kan uitbranding verklaar word?; (10) Is uitbrandingsingrepe effektief? In die gevolgtrekking word ’n toekomstige navorsingsagenda op grond van die antwoorde op die voorafgaande vrae opgestel. Hierdie agenda sluit aangeleenthede soos die meting en konseptualisering van uitbranding, matige en ernstige vorme van uitbranding, epidemiologiese en kruiskulturele perspektiewe, organisasie- uitkomste, longitudinale ondersoeke, teoretiese verklarings en intervensies in.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

