Development of a questionnaire for assessing work unit performance
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om ’n generiese werkeenheid- prestasiemeting te ontwikkel wat in privaat, openbare en nie-winsgerigte organisasies gebruik kan word. Die ontwikkeling van die vraelys, die Prestasie-Indeks (PI) het drie stappe behels, naamlik om te besluit op ’n onderliggende struktuur vir die model; om die model en dimensies deur middel van ekspert-beoordeling te verifieer; en om die model te konsolideer en die vraelys af te rond. Die steekproef het bestaan uit 60 eenhede wat op ’n 360-basis deur 257 respondente beoordeel is. Item- en dimensionaliteitsontledings, gevolg deur Lisrel-gedrewe bevestigende faktorontleding het gedui op aanvaarbare modelpassing. In geheel beslou het resultate redelike psigometriese ondersteuning aan die Prestasie-Indeks verleen.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

