Coping-strategieë, stres en selfmoord-denkbeeldvorming in die Suid-Afrikaanse polisiediens in die Vrystaat
Abstract
Opsomming
Die algemene doelstelling van hierdie navorsing was om die verband tussen coping-strategieë, stres en selfmoord- denkbeeldvorming binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Vrystaat te ondersoek. ’n Dwarsdeursneeopnameontwerp is gebruik. ’n Ewekansige, gestratifiseerde steekproef (N = 333) is van polisiebeamptes in die Vrystaat geneem. Die Selfmoord denkbeeldvormingsvraelys, Polisiestres-inventaris en COPE-vraelys is aangewend. Die resultate van die studie het aangetoon dat die volgende faktore met selfmoord denkbeeldvorming verband hou: passiewe coping, probleemgerigte coping, vorige selfmoordpogings, mediese toestand, gebruik van alkohol en polisiespesifieke stressors. Die diskriminantontleding het verder aangedui dat bogenoemde veranderlikes 77,55% van die deelnemers met ’n hoë telling ten opsigte van selfmoord denkbeeldvorming korrek geklassifiseer het.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

