Expectations of and satisfaction with the South African police service in the Rustenburg area
Abstract
Opsomming
Min kwantitatiewe navorsing ten opsigte van verwagtinge en tevredenheid met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) vanuit die perspektief van die publiek en die polisiebeamptes is tot op hede gepubliseer. Die doel van hierdie studie was om te bepaal wat die verwagtinge en tevredenheid van die publiek sowel as die polisie ten opsigte van polisiëring in die Rustenburg-gebied is. ’n Dwarsdeursnee-opnameontwerp is gebruik. ’n Gestratifiseerde ewekansige steekproef is geneem van polisiebeamptes (N = 101) sowel as van lede van die gemeenskap (N = 418) in die Rustenburg-gebied. Die resultate het aangetoon dat lede van die gemeenskap en polisiebeamptes ten opsigte van die prioriteite van polisiëring verskil. Die meeste polisielede het gerapporteer dat hul prestasie in diens van die publiek goed is. ’n Totaal van 47% van lede van die publiek wat kontak met die polisie gehad het, het aangedui dat hulle min vertroue in die polisie het.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

