Locus of control and online learning
Abstract
Opsomming
Die integrasie van aanlyn-leer in universiteitskursusse word beskou as sowel onafwendbaar as noodsaaklik. Daar is dus ’n toenemende behoefte om bewustheid onder opvoedkundiges en kursusontwerpers te kweek oor die kritiese aspekte wat ’n impak op aanlyn-leer het (Morgan, 1996). Daarom was die doel van hierdie ondersoek om die verskille tussen twee groepe eerstejaarleerders in Bestuurs- en Ekonomiese Wetenskap (aanlyn en konvensionele leerders) te bepaal ten opsigte van biografiese en demografiese eienskappe en lokus van beheer. Die populasie het bestaan uit 586 eerstejaarleerders waarvan 185 die Lokus van Beheer Vraelys voltooi het. Die resultate toon dat die twee groepe leerders nie statisties beduidend van mekaar verskil het met betrekking tot lokus van beheer nie. Die bevindinge en implikasies word ook bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

