Management perceptions of competencies essential for middle managers
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om vas te stel of bestuurders op verskillende vlakke van die organisatoriese leer verskillende bestuursbevoegdhede belangrik ag vir middelvlakbestuur en of die persepsies van vroue van dié van mans verskil. Die deelnemers was 444 senior, middel- en eerstevlakbestuurders van ’n semi-staatsorganisasie in Botswana. Die bestuurders het ’n vraelys voltooi waarin hulle hul menings oor die belangrikheid van ses breë bevoegdhede vir middelvlakbestuurders moes aandui. Daar is bevind dat senior bestuurders meer klem op interpersoonlike bevoegdheid as middelbestuurders plaas. Daarteenoor het eerstelyntoesighourers operasionele bevoegdheid as belangriker geag as middelbestuurders. Vroue het analitiese en operasionele bevoegdhede as belangriker beskou as mans en mans het interpersoonlike bevoegdhede as belangriker beskou as vroue.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

