The discriminant validity of the culture assessment instrument: A comparison of company sub-cultures
Abstract
Opsomming
Die primêre doel van die studie was om die diskriminante geldigheid van die ‘Culture Assessment Instrument’ (CAI) te beoordeel; dit is om tussen ondernemings se gemiddelde kultuur-subtelling te onderskei en tussen die gemiddelde tellings van ‘n teiken onderneming en ’n normgroep. Die primêre data is verkry van ’n geleentheidsteekproef (N = 593) uit ’n transport-onderneming. Die sekondêre data van die normgroep is saamgestel uit geleentheidsteekproewe (N = 4066) van verskillende ondernemings afkomstig uit verskeie industrieë. Die 56 itemtellings van die CAI is op twee vlakke gefaktoranaliseer, gevolg deur iteratiewe itemontledings. Ofskoon beduidende verskille tussen gemiddelde kultuurtellings gevind is, kon slegs ’n klein proporsie van die variansie in die tellings aan kultuurverskille toegeskryf word. Op hierdie gronde beskik die CAI nie oor diskriminante geldigheid nie. Voorstelle ter verbetering van die CAI is gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

