The influence of transformational and transactional leadership on dyadic trust relationships through perceptions of fairness
Abstract
Opsomming
Leierskap en interpersoonlike vertroue is kritieke vraagstukke vir die oorlewing van organisasies. Beide aspekte is reeds deeglik nagevors, maar die rol wat organisatoriese geregtigheid in hierdie verband kan speel, is grootliks nagelaat. Die doel van hierdie studie was om die verband tussen transformasionele en transaksionele leierskap en interpersoonlike vertroue te ondersoek, en of organisatoriese geregtigheid ’n tussenkomende rol speel. Deur middel van LISREL-ontleding is gevind dat interaktiewe geregtigheid ’n groter rol in die verband tussen transformasionele leierskap en vertroue speel as prosedurele geregtigheid. Verdelende geregtigheid dien as tussenkomende veranderlike in die verband tussen transaksionele leierskap en vertroue.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

