Transference and counter-transference in systems psychodynamic group process consultation: The consultant’s experience
Abstract
Opsomming
Hierdie studie het ondersoek ingestel na konsultante se ervarings van oordrag en teen-oordrag tydens groepverhoudingsopleiding vanuit die sistemiese psigodinamiese posisie. ’n Fenomenologiese navorsingsontwerp is gebruik met semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met ’n doelgerigte steekproef van 13 organisasie ontwikkelingskonsultante in ’n finansiële instelling. Die data is ontleed deur middel van inhoudsontleding. Die resultate het aangetoon dat konsultante uiteenlopende ontvanklikheid het wat betref die ontvangs van projeksies en die hantering van oordrag. Hierdie verskille behels snellers, kenmerke en sistemiese valensie. Die konsultante het teen-oordrag ervaar op vyf verskillende kognitiewe and emosionele vlakke. Om onderskeid te tref tussen persoonlike en groep-emosies, die ontvang van projeksies en die hantering van oordrag, dra alles by tot die kompleksiteit van konsultering.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

