'n Ondersoek na die persoonlikheidseienskappe van inbelsentrumkonsultante
Abstract
Opsomming
Nieteenstaande die feit dat byna elke diensleweringsinstansie in Suid-Afrika van inbelsentrums gebruik maak om met kliënte sake te doen, bestaan daar min navorsing oor die aspekte wat ’n rol speel in personeelomset. Daar is derhalwe besluit om die persoonlikheidseienskappe van inbelsentrumkonsultante wat werksbevrediging ervaar te ondersoek. Dié inligting sal organisasies in staat stel om ’n effektiewe benadering ten opsigte van personeelomset te volg. Die Minnesota Satisfaction Questionnaire (MSQ) en die Jackson Personality Research Form (PRF-E) is op ’n steekproef van 103 persone toegepas. Die resultate toon dat daar nie ’n unieke persoonlikheidsprofiel geïdentifiseer kon word wat bepalend is van werksbevrediging nie. ’n Selfgeldende persoonlikheidstipe is wel geïdentifiseer wat ontevrede is met die mate van werksverskeidenheid in inbelsentrums.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

