Some personality and cognitive correlates of career maturity
Abstract
Opsomming
Die hoofdoel van die studie was om die persoonlikheids- en kognitiewe korrelate van loopbaanvolwassenheid te bepaal. Die steekproef het uit 1476 eerstejaarstudente vanuit verskillende fakulteite by ’n Suid-Afrikaanse universiteit bestaan. Die Loopbaanontwikkelingsvraelys is gebruik om die loopbaanvolwassenheidsvlak van die respondente te bepaal. Die respondente is verdeel in ’n loopbaanvolwasse, loopbaanonvolwasse en ’n middel- groep, gebaseer op die tellings van die Loopbaanontwikkelingsvraelys. Die onderskeie groepe is vergelyk ten opsigte van verskillende persoonlikheids- en kognitiewe konstrukte. Statisties- beduidende verskille is gevind ten opsigte van die persoonlikheidskontrukte, maar nie ten opsigte van die kognitiewe konstrukte nie. Die implikasies van die bevindinge word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

