The internal structure of the unit performance construct as measured by the performance index (PI)1
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was om die interne struktuur van die Performance Indexs (PI) (Spangenberg en Theron, 2002b) te ondersoek ten einde die interverwantskappe tussen die agt latente eeheidprestasiedimensies te bepaal. Hierdie studie vorm deel van ’n meer omvattende studie wat daarop gemik is om die Leadership Behaviour Inventory (LBI) teen werkeenheidprestasie te valideer. Die steekproef, na imputasie van ontbrekende waardes, het uit 273 gevalle bestaan met waarnemings ten opsigte van al 56 items. Item- en dimensionaliteitontledings is met behulp van SPSS-windows op elke subskaal gedoen. Bevestigende faktorontleding is daarna met behulp van LISREL op die verkleinde datastel uitgevoer. Die resultate het op bevredigende faktorbeladings vir die metingsmodel en ’n bevredigende passing van die metingsmodel gedui. Daarna is die strukturele model met behulp van LISREL getoets. Die resultate het bevredigende passing getoon, met slegs vier hipoteses wat nie deur die studie bevestig is nie. Die resultate word bespreek en voorstelle vir verdere navorsing word gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

