The relevance of the individualism – collectivism (IC) factor for the management of diversity in the South African national defence force
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was om die vlak van betrokkenheid van kultuurgroepe tov hul stereotipiese groepsorientasies te bepaal, met ander woorde Blanke en Kleurling offisiere is meer individualisties, waar Swart offisiere meer kollektiwisties in hul kulturele aktiwiteite is. Tweedens, om te bepaal of hulle kulturele gedrag in verband staan met hul individualistiese of kollektiwistiese oriëntasie. Die "Individualism-Collectivism Interpersonal Assessment Inventory" (ICIAI) van Matsomoto (1992) en ’n tweede vraelys, opgestel deur die skrywers om kulturele aktiwiteite te meet, is afgeneem tov 88 voorgraadse offissierstudente van die Suid Afrikaanse Militêre Akademie. Die resultate het aangedui dat daar geen statisties beduidende verskille bestaan tov die individualistiese en kollektiwistiese faktor van die drie kultuurgroepe nie. Net vyf van die twintig kulturele aktiwiteite, getoets deur die tweede vraelys, het ’n beduidende korrelasie met die individualistiese en kollektiwistiese telling getoon. Die resultate, die implikasies daarvan, asook voorstelle vir moontlike verdere navorsing word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

