Work-related concerns of South Africans living with HIV and AIDS
Abstract
Opsomming
Aspekte rakende die bestuur van HIV en VIGS doen hulle voor as vraagstukke wat van kardinale belang is in die Suid-Afrikaaanse opset. In die lig hiervan is ’n kwalitatiewe studie uitgevoer ten einde die werkverwante besorgdhede van swart Suid-Afrikaners met HIV en Vigs, te ondersoek. Semi-gestruktureerde onderhoude met 22 deelnemers het aan die lig gebring dat werkverwante besorgdhede moeilik, buite die konteks van algemene finansiële beperkinge en verhoudingsvraagstukke, te verstaan is. Addisionele vraagstukke wat geïdentifiseer is, is om tot aanvaarding te kom met HIV, vrees vir bekendmaking van HIV status, werksverwante hindernisse en hanteringsmeganismes. Die implikasies van hierdie bevindinge is bespreek en aanbevelings is gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

