Die verband tussen werknemertevredenheid en organisasieverbondenheid
Abstract
Opsomming
Die primêre doel van die studie is om vas te stel of daar ’n verband bestaan tussen werknemertevredenheid en organisasieverbondenheid. ’n Sekondêre oogmerk is om te bepaal of enige biografiese veranderlikes hierdie verband medieer. Gestandaardiseerde instrumente is gebruik om hierdie twee konstrukte te operasionaliseer. ’n Gerieflikheidsteekproef het 167 respondente uit ’n steekproefraamwerk van 300 werknemers van ’n finansiële instelling opgelewer. Slegs 145 respondente het volledig voltooide vraelyste terugbesorg, wat vir finale ontleding gebruik is. Response op albei vraelyste is aan ’n faktor- en itemontleding onderwerp. ’n Statisties-beduidende verband tussen werknemertevredenheid en organisasieverbondenheid is gevind. Die implikasies van die bevindinge word verder bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

