‘n Kontekstuele teorie van entrepreneurskap
Abstract
Opsomming
Bedryfsielkundiges wat die domein van entrepreneurskap bestudeer, is geneig om te fokus op die onafhanklike veranderlikes wat entrepreneuriese gedrag predisponeer. Die uitdaging, derhalwe, was om uitdrukking te gee aan die aard van entrepreneurskap (as afhanklike veranderlike) vanuit ’n bedryfsielkundige perspektief. Hieraan is uitdrukking gegee met die ontwikkeling van ’n kontekstuele teorie van entrepreneurskap. Eerstens is die fundamentele aksies geïdentifiseer waaraan uitvoering gegee moet word ten einde gestalte te gee aan die kontekstuele proses van entrepreneurskap, waarna vorm aan die struktuur daarvan gegee is. Daarna is die struktuur aangewend om verskillende soorte entrepreneurs te klassifiseer wat ’n tipologie van entrepreneurskap moontlik maak. Die geometriese eienskappe van die struktuur is uiteengesit. Toepassingsmoontlikhede asook aanwysers vir entrepreneurskapontwikkeling is bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

