The validation of the Maslach Burnout Inventory – Human services survey for emergency medical technicians in Gauteng
Abstract
Opsomming
Die doelstellings van hierdie studie was om die Maslach Uitbrandingsvraelys – Menslike Dienste-Opname (MBI-HSS) te valideer vir die Nood Mediese Tegnici in die Gauteng Provinsie van Suid-Afrika en om die konstrukekwivalensie en sydigheid daarvan vir die verskillende rassegroepe te bepaal. ’n Dwarssnee opname-ontwerp met ’n beskikbaarheidsteekproef (N = 318) is gebruik. Die MBI-HSS en ’n biografiese vraelys is afgeneem. Uniforme sydigheid is gevind vir een item van die MBI-HSS. Verkennende faktorontleding met teikenrotasies het geresulteer in ’n 3-faktormodel van uitbranding bestaande uit Emosionele Uitputting, Depersonalisasie en Persoonlike Bereiking. Die skale het aanvaarbare interne konsekwentheid getoon. Verkennende faktorontleding met teikenrotasies het die konstrukekwivalensie vir die drie faktore bevestig vir die Wit en Swart groepe.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

