An item selection procedure to maximise scale reliability and validity
Abstract
Opsomming
Wille (1996) het ’n itemseleksiestrategie voorgestel om eerstens die interne konsekwentheid, en tweedens die konvergente en divergente geldigheid van items in multidimensionele Likert-tipe vraelyste of skale te maksimeer. Volgens sy strategie word laasgenoemde aspekte van geldigheid deur middel van eksploratiewe faktorontledings gemaksimeer. In hierdie artikel, sal dit gedoen word deur Tateneni, Mels, Cudeck en Browne (2001) se program vir Omvattende Eksploratiewe Faktorontleding (CEFA) te gebruik, wat eksploratiewe faktorontleding aanwend, maar ook die voordele van gewone, bevestigende faktorontleding (bv., die berekening van die standaardfoute van die geroteerde faktorbeladings en indekse van modelpassing) bied. Die voordele wat spruit uit die toepassing van hierdie inkrementele benadering word gedemonstreer aan die hand van Allport en Ross (1967) se Religious Orientation Scale, ’n gewilde sielkundige meetintrument.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

