Statistical and extra-statistical considerations in differential item functioning analyses
Abstract
Opsomming
Hierdie artikel beskryf kortliks die hoofprosedures vir die ontleding van differensiële itemfunksionering (DIF) en verwys na sommige van die statistiese en buite-statistiese implikasies van hierdie metodes. ’n Oorsig word verskaf van navorsingsbevindings oor die bronne van DIF, insluitend dié by vertaalde toetse. Omdat DIF-ontledings nie die korrelasies tussen ’n toets en relevante kriteria in ag neem nie, sal die verwydering van differensieel-funksionerende items nie noodwendig voorspellingsgeldigheid verbeter of voorspellingsydigheid verminder nie. Die implikasies van vorige DIF-navorsingsbevindings vir toetsontwikkeling in die veeltalige en multikulturele Suid-Afrikaanse gemeenskap word oorweeg.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

