Use of differential item functioning (DIF) analysis for bias analysis in test construction
Abstract
Opsomming
Waar differensiële itemfunksioneringsprosedures (DIF-prosedures) vir itemontleding gebaseer op itemresponsteorie (IRT) tydens toetskonstruksie gebruik word, is dit moontlik om itemkarakteristiekekrommes vir dieselfde item vir verskillende subgroepe voor te stel. Hierdie krommes dui aan hoe elke item vir die verskillende subgroepe op verskillende vermoënsvlakke te funksioneer. DIF word aangetoon deur die area tussen die krommes. DIF is in die konstruksie van die 'Learning Potential Computerised Adaptive test (LPCAT)' gebruik om die items te identifiseer wat sydigheid ten opsigte van geslag, kultuur, taal of opleidingspeil geopenbaar het. Items wat ’n voorafbepaalde vlak van DIF oorskry het, is uit die finale itembank weggelaat, ongeag die subgroep wat bevoordeel of benadeel is. Die proses en resultate van die DIF-ontleding word bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

