Using the occupational personality questionnaire (OPQ) for measuring broad traits
Abstract
Opsomming
Die wye aanvaarding van die Groot-Vyfmodel impliseer dat persoonlikheid uit relatief onafhanklike dimensies bestaan wat ’n taksonomie vorm waarmee individuele verskille verklaar kan word. Die doel van die ondersoek was om vas te stel of die subskale van ’n gevestigde persoonlikheidsvraelys wat gedetailleerde persoonlikheidstrekke meet, die Occupational Personality Questionnaire (OPQ), op sinvolle wyse gereduseer kon word tot ’n breë faktormodel in ’n Suid-Afrikaanse konteks. Die OPQ 5.2 konsepmodel is toegepas op 453 werkapplikante in die telekommunikasiesektor. ’n Ondersoekende faktorontleding het ’n sesfaktorstruktuur gelewer, insluitende vyf faktore wat met die Groot Vyf persoonlikheidsmodel ooreenstem. Die sesde faktor wat as Interpersoonlike Verhoudingsharmonie benoem is, toon ooreenstemming met die Chinese tradisiefaktor wat in ’n nie-Westerse samelewing onttrek is.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

