Werkswaardes van akademici
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om die werkswaardes van akademici aan ‘n Suid-Afrikaanse tersiêre instelling te ondersoek. Die werklike teenoor die geïdealiseerde werkswaardes is gemeet ten einde vas te stel of die twee waardestelle verskil. Waardeverskille ten opsigte van verskeie demografiese veranderlikes is ondersoek. Die relatiewe sterkte van elke werkswaardes is ook bepaal. Drie meetinstrumente, ontwikkel deur Schepers en Roodt (2000), is hiervoor gebruik. ‘n Geleentheidsteekproef, getrek uit die populasie van akademici (N=350), het 125 volledige rekords opgelewer. Die resultate dui daarop dat daar statisties-beduidende verskille bestaan tussen die ideale en werklike werkswaardes. Enkele statisties-beduidende waardeverskille in terme van demografiese veranderlikes is gevind. Laastens dui die resultate daarop dat die werkswaardeprofiele van die verskillende fakulteite baie eenders is.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

