A psychometric investigation into the use of an adaptation of the Ghiselli Predictability Index in personnel selection
Abstract
Opsomming
Die grootte-orde van geldigheidskoëffisiënte wat tipies in validasiestudies gevind word is teleurstellend laag. Geldigheidskoëffisiënte neem as ’n reël waardes kleiner as 0,50 aan en bereik by wyse van hoë uitsondering waardes so hoog soos 0,70. Verskeie moontlikhede in terme waarvan ’n verhoging in die geldigheidskoëffisiënt te weeg gebring sou kon word, is reeds oorweeg. ’n Stimulerende alternatief tot die gebruiklike meervoudige regressie gebaseerde pogings is te vind in die werk van Ghiselli (1956, 1960a, 1960b). Die doelstelling van hierdie artikel is om ’n wysiging aan die oorspronklike Ghiselli-prosedure voor te stel en te evalueer. Bemoedigend positiewe resultate is gevind. Aanbevelings vir verdere navorsing word gemaak.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

