Psychological attributes of successful trainee accountants
Abstract
Opsomming
Daar word gesuggereer dat sekere sielkundige eienskappe van rekeningkunde gegradueerdes as voorspellers van hul latere sukses in die werkomgewing kan dien. Aangesien keuring ’n kernfunksie van die menslikehulpbronaktiwiteite binne openbare ouditeursfirmas is, het hierdie studie die verhouding tussen akademiese prestasie, spesifieke persoonlikheidstrekke, die eksamenslaagsyfer en die werkprestasie van ’n steekproef (N = 77) kwekelinggeoktrooieerde-rekenmeesters binne ’n internasionale, gemiddelde grootte firma ondersoek. Die resultate dui daarop dat die meerderheid gevalle korrek as suksesvol aldan nie voorspel kan word deur ’n verbale vermoëveranderlike en dat die kriteriuminstrument wat vir hierdie studie ontwikkel is (Cronbach alfa = 0,95), gebruik kan word om die werkprestasie van hierdie kwekelinge te meet. Die belangrikheid van akademiese prestasie en die slaagsyfer in die kwalifiserende eksamens word ook bespreek.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

