Employment equity practices in three South African information technology organisations: A systems psychodynamic perspective
Abstract
Opsomming
Hierdie navorsing het die sistemies psigodinamiese gedrag ondersoek wat gemanifesteer het in die konteks van gelyke indiensneming in drie Suid-Afrikaanse inligtingstegnologie organisasies. Indiepte onderhoude met die betrokke menslike hulpbron praktisyns het sewe temas na vore gebring wat insluit fantasieë oor mag/geleenthede, spleet en verdedigings, projektiewe identifikasie, paranoia, idealisering/kompetensie, afguns/skuld en coping style. Die hipotese is geformuleer dat die ervaring rondom gelyke indiensneming in hierdie organisasies vasgehak het in die paranoïde-skisoïde posisie, dat die stelsel onbewustelik saamsweer om die status quo te handhaaf, en dat idealisering geprojekteer word op die wit subgroep terwyl swartsmeerdery geprojekteer word op die voorheen benadeelde werknemers en kandidate. Aanbevelings oor meer optimale coping met hierdie gedrag is geformuleer.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

