Knowledge development in industrial/organisational psychology (South Africa)
Abstract
Opsomming
Die stand van kennisontwikkeling in die Bedryfsielkunde (Suid-Afrika) is in oorweging geneem vanuit ’n oorkoepelende, meta-teoretiese benadering tot kennis. Ontleding van die inhoud van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Bedryfsielkunde oor die afgelope dekade toon dat: empiriese navorsing substantief toegeneem het en metodologies gesofistikeerd is; dat kennisontwikkeling steeds bykans uitsluitlik plaasvind binne die positiwisties-empiriese paradigma en grootliks aanpassings van nie-plaaslike materiaal verteenwoordig. Meer inheemse navorsing word vereis. ’n Breer beskouing, waarin daar van kultuur-sensitiewe navorsings-paradigmas, -strategiee en -metodes gebruik gemaak word, word voorgehou om die Bedryfsielkunde as vakgebied te verruim en kennisvernuwing plaaslik te bevorder.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

