The perceived impact of downsizing and organisational transformation on survivors
Abstract
Opsomming
Verandering is ’n lewenswyse en die vermoë om te verander is ’n kernaspek in organisasieverandering en -oorlewing. In hierdie artikel word die ‘oorlewingsindroom’ beoordeel en word die impak van die afskalingsproses en transformasie op kommunikasie, vertroue, ‘oorlewende’ toewyding en lojaliteit, moraal en loopbaanvorderingsgeleenthede takseer. Die studie is uitgevoer, met die gebruik van ’n gestratifiseerde ewekansige steekproef van 361 werknemers/’oorlewendes’ in ’n afdeling van ’n motorvervaardiger wat ingrypende transformasie ondergaan het. Data is ingesamel by wyse van ’n selfontwikkelde vraelys en ontleed aan die hand van beskrywende en inferensiële statistiek. Die studie het ’n raamwerk/model van kritieke veranderingsimplementeringsfaktore en aanbevelings gegenereer wat veranderingsbestuurders in staat sal stel om die gewaarwording, aanpassing, reaksie en implementering van verandering tydig te doen sodat strategiese en mededingingsvoordeel behaal kan word.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

