A theoretical interpersonal style repertoire for middle-level managers
Abstract
Opsomming
Die ontwikkeling van die interpersoonlike gedrag van bestuurders het reeds heelwat aandag gekry. Dit geld veral vir aangeleenthede wat verband hou met die mees toepaslike interpersoonlike style binne die werkskonteks en die vaardighede wat die ontwikkeling van effektiewe interpersoonlike verhoudings onderlê. Die ontwikkeling van effektiewe interpersoonlike ontwikkelingsprogramme vereis ’n deeglike evaluering van ’n individu se interpersoonlike ontwikkelingsbehoeftes. Om dit te vermag, is dit nodig vir evalueerders om te verstaan wat die mees toepaslike interpersoonlike style vir bestuurders is. Gegee die doelwitte van die ondersoek is die metode wat gevolg is ’n evaluering van die relevante literatuur in hierdie gebied. Die teoretiese doel was om die mees toepaslike teoretiese interpersoonlike stylrepertoire van middelvlak bestuurders te bestudeer en te beskryf deur gebruik te maak van die interpersoonlike benadering en spesifiek van die 1982 Interpersoonlike Sirkel. Die gevolgtrekkings steun die aanname dat dominante, versekerde, sosiale, vriendelike, warm en vertrouende style die mees relevante van die 16 interpersoonlike segmente is. In dié verband kan die versekerde-dominante, sosiale-ekshibisionistiese en warm-vriendelike oktante as die mees toepaslike beskou word.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

