Moderator veranderlikes en differensiele geldigheid van die aansoekvorm
Abstract
Opsomming
Empiriese studies toon dat die Geweegde Aansoekvorm (G.A.V.) 'n doeltreffende voorspellingsinstrument in personeelseleksie is. Daar is egter studies wat voorspel dat die voorspellingsgeldigheid van die G.A.V. in die literatuur aansienlik oorbeklemtoon word. Teenstrydig met die beginsels van klassieke psigometriese teorie word voorgestel dat moderator veranderlikes vir hierdie paradoks verantwoordelik is. Hierdie studie toon hoe die biografiese korrelate van dienstyd as moderators fungeer en empiriese bewys van die modererende effek op die voorspellingsgeldigheid van die G.A.V. word gelewer. Daar word voorgestel dat ‘n nuwe benadering tot die ontwikkeling van die G.A.V. noodsaaklik is ten einde die effek van moderators te benut.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

