The construction of a mechanical ability test for Africans in high level jobs
Abstract
Opsomming
Die snelle groei van die Suid-Afrikaanse bedryfswese het gelei tot tekorte aan tegnies opgeleide werkers. Die blanke bevolking, wat tradisioneel arbeid vir hierdie tipe werksoorte voorsien het, is nie meer in staat om in die al hoe groter aanvraag te voldoen nie. Die Swart werker in Suid-Afrika moes derhalwe in 'n toenemende mate opgelei word om hierdie tipe poste te vul. 'n Behoefte het ontstaan vir 'n objektiewe keuringsinstrument vir gebruik by die keuring van Swart werkers vir tegniese en meganiese werksoorte. Hierdie studie is derhalwe 'n poging om die weg te baan vir die ontwikkeling van so 'n objektiewe keuringsinstrument. 'n Meganiese vermoëtoets is opgestel en die preliminêre standaardisering daarvan is uitgevoer.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

