Original Research
Die betekenis wat geld vir blankes en kleurlinge inhou
Submitted: 28 November 1978 | Published: 28 November 1978
About the author(s)
D. L. Visagie,, South AfricaI van W Raubenheimer,, South Africa
Full Text:
PDF (469KB)Abstract
Opsomming
‘n Oorsig van relevante literatuur dui daarop dat die betekenis van geld (wat 'n belangrike plek in sekere motiveringsteorieë inneem) van persoon tot persoon kan verskil. Hierdie verskil kan hoofsaaklik aan persoonlike- en agtergrondsfaktore toegeskryf word. Wanneer die genoemde faktore binne groepsverband ooreenstem, ontwikkel en vorm daar unieke “groepsbetekenisse" wat aan sekere begrippe geheg word. Betekenismeting wat in hierdie ondersoek deur middel van die semantiese differensiaal op 128 Blanke- en 109 Kleurlingstudente uitgevoer is, toon egter oor die algemeen geen beduidende verskil ten opsigte van die begrip geld nie. Slegs ten opsigte van twee van 15 semantiese skale is beduidende verskille tussen die twee groepe gevind.
Keywords
Metrics
Total abstract views: 5583Total article views: 2695