The personnel manager as a mental health professional: Some possible areas of involvement
Abstract
Opsomming
In hierdie artikel, word 'n saak uitgemaak vir die Personeelbestuurder in handel- en nywerheidsorganisasies as iemand wat 'n belangrike rol het om te vervul as 'n geestesgesondheidspraktisyn. Dit word beweer dat tot 25 persent van alle werknemers in 'n organisasie aan geestesafwykings ly wat hulle oneffektief maak in die uitvoering van hul pligte. Die skrywer handhaaf die standpunt dat die Personeelbestuurder kan help om die aantal werknemers wat so geaffekteer is te verminder deur aandag te gee aan sake soos welsyn, opvoeding en rehabilitasie-programme. Dit sal geestesgesondheid verbeter en ‘n meer produktiewe arbeidsmag tot gevolg hê.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

