The effectiveness of neurotics as workers compared to non-neurotics
Abstract
Opsomming
'n Oorsig van die literatuur dui daarop dat dit nie verwag kan word dat neurote op gelyke voet met ander werkers onder normale werksomstandighede kan meeding nie, en dus minder effektiewe werkers behoort te wees. 12 Hipoteses oor die relatiewe effektiwiteit van neurote en nie-neurote in die werksituasie is geformuleer en getoets. Daar word gevind dat neurote nie beduidend swakker werkers as nie-neurote is nie, behalwe ten opsigte van 3 van die 12 kriteria wat gebruik is, nl. ten opsigte van stiptelikheid, siekte rekord en dissiplinering. Die gevolgtrekking word gemaak dat 'n nuwe oriëntasie tot die probleem van neurose en die neuroot noodsaaklik is en dat neurotiese werkers objektief met betrekking tot werksvermoë beoordeel behoort te word en nie met betrekking tot persoonlikheidstekortkominge waar laasgenoemde nie ter sake is nie.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

