Raamwerk vir die ontwikkeling van 'n 4-dimensionele teorie van menslike gedrag
Abstract
Opsomming
Riglyne vir die ontwikkeling van 'n 4-dimensionele teorie van menslike gedrag word geformuleer en bespreek. Die 3 ruimtelike dimensies naamlik hoogte, breedte en diepte en tyd word as vertrekpunt geneem en die psigiese analoë daarvan word as fundamentele konstrukte van menslike gedrag geformuleer en logies uitgebou. Die psigologiese ruimte (sfeer) wat deur die 3 psigiese dimensies (asse) beskryf word en die mens se tydoriëntasie word as basis gebruik vir die tipering en klassifisering van menslike gedrag. Enkele praktiese aanwendingsmoontlikhede en riglyne vir die verdere ontwikkeling en validering van die teorie word aan die hand gedoen.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

