Semantiese meerduidigheid in motiveringsnavorsing
Abstract
Opsomming
Dit word aangevoer dat semantiese meerduidigheid, wat in meetinstrumente gemanifesteer word, die navorser se resultate kan kontamineer. Daar word voorts gesuggereer dat semantiese meerduidigheid 'n oorsaak kan wees van kontroversiële en uiteenlopende navorsingsresultate in studies wat betrekking het op 'n aantal motiveringsteorieë. 'n Oorsig van relevante literatuur dui daarop dat navorsers grootliks onbewus is van hierdie verskynsel en in hierdie ondersoek is geen gevalle gevind waar semantiese meerduidigheid in vraelyste gekontroleer is nie. Betekenismeting van die Pottasvraelys is in die ondersoek, deur middel van 'n semantiese differensiaal op 38 studente in die Bedryfsielkunde uitgevoer. Die resultate toon dat ses van die 13 vraelysitems semanties beduidend verskil van die behoeftekategorieë wat hulle veronderstel is om te meet. Die vermoede word sodoende bevestig dat semantiese meerduidigheid 'n bron van variansie is wat as sulks gekontroleer behoort te word.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

