Die Meting van die verband tussen geslag en konformiteit as groepdinamiese veranderlikes.
Abstract
Opsomming
In die sosiale bedryfsielkunde is die invloed van die groep op die individu een van die vernaamste studieterreine. Die mate waarin ‘n individu konformeer tot groepsdruk hang af van die aard van die situasie, die aard van die groep en die eienskappe van die individu. In hierdie studie is die eksperimentele meting van konformiteit soos ontwikkel deur Asch en Crutchfield herhaal en bevestiging is gevind dat geslag een van die individuele determinante van konformiteit is.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

