Werksbetrokkenheid: 'n Empiriese ondersoek
Abstract
Opsomming
Aangesien daar 'n komplekse verwantskap tussen werksbetrokkenheid, werkstevredenheid en werksprestasie is en teenstrydige resultate hieroor bestaan, is daar 'n behoefte aan verdere navorsing ten einde hierdie verwantskappe op te klaar. Benewens hierdie verwantskappe is geslagsverskille en moontlike verskille tussen vol- en halfdag vroulike werknemers in werksbetrokkenheid ook ondersoek. Twee vraelyste en 'n grafiese beoordelingskaal is aan 'n monster bestaande uit 164 klerklike personeellede geadministreer. Beduidende positiewe korrelasies is tussen werksbetrokkenheid en werksprestasie en tussen werksbetrokkenheid en die verskillende dimensies van werkstevredenheid gevind. Geen beduidende verskil is tussen mans en vrouens asook tussen vol- en halfdag vroulike werknemers ten opsigte van werksbetrokkenheid verkry nie.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

