Konflik tussen groepe: Die verhouding Verkeersbeampte en Motoris
Abstract
Opsomming
'n Operasionele definisie van die begrip konflik word gegee en die implikasies daarvan bespreek. Die verloop van 'n konflik en die prosesse betrokke, word beskrywe. 'n Poging word aangewend om aan te toon dat die tipiese verloop van 'n konflik gebruik kan word om die (gepostuleerde) swak verhouding tussen motoriste aan die een kant en die verkeersbeamptes aan die ander kant te verklaar. Die negatiewe uitwerking van residuele effekte van onbevredigend opgeloste konfliksituasies tussen die twee groepe persone word beklemtoon. Daar word aan die hand gedoen dat bedryfsielkundiges 'n rol speel in die langtermynoplossing van die negatiewe verhouding.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

