Die meting van die gelyktydige hantering van teenstrydige en dubbelsinnige inligting as kritieke eienskap in 'n verskeidenheid van Beroepe
Abstract
Opsomming
Min informasie bestaan omtrent die hantering van teenstrydige en dubbelsinnige inligting as kritieke vermoë in vele werksituasies. Met hierdie ondersoek is daar gepoog om die konstruk te omlyn en aan 'n empiriese verifiering te onderwerp. ‘n Meetinstrument (posmandjie) is ontwikkel om die hantering van teenstrydige en dubbelsinnige inligting te meet en is saam met ander meetinstrumente ter omlyning van die genoemde konstruk aan twee groepe proefpersone geadministreer. Daar is vasgestel dat hierdie vermoë verband hou met intellektuele vermoëns en sensories kognitiewe oordeel en nie met sekere persoonlikheids- en ander determinante van mens like gedrag nie en dat dit na alle waarskynlikheid dui op die bestaan van 'n afsonderlike werksvermoë of konstruk.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

