Halo, Central Tendency, and Leniency in performance appraisel: A comparison between a graphic rating scale and a behaviourally based measure
Abstract
Opsomming
Die proses van prestasiebeoordeling speel 'n belangrike rol in die ontwikkeling van werknemers asook om administratiewe besluite te maak oor personeel. Die betroubare en akkurate evaluering van werkprestasie kan egter belemmer word deur beoordelingsfoute soos die stralekranseffek, toegeeflikheid, en sentrale neiging. Omrede die alombekende grafiese beoordelingskaal veronderstel is om baie vatbaar te wees vir beoordelingsfoute is daar die afgelope paar jaar aandag geskenk aan die ontwikkeling van gedragsgeoriënteerde beoordelingsmetodes. Dit word aangevoer dat laasgenoemde minder onderworpe is aan beoordelingsfoute. Hierdie studie het die beoordelings van 'n groep werkers op 'n grafiese beoordelingskaal en 'n gedragswaarnemingskaal met mekaar vergelyk. Die resultate kon nie ondersteuning verleen aan die standpunt dat grafiese skale meer vatbaar is vir beoordelingsfoute nie.
Refbacks
- There are currently no refbacks.

